Roode Gesin

Roode Gesin
Daar is min dinge in die lewe so spesiaal soos vriende wat familie word.
Ek ken Elouise en haar man, Len, al van jong dae af. As 'n jong getroude-paartjie sien hulle altyd kans vir 'n nuwe avontuur of uitdaging. Nie veel het verander toe hulle 'n familielid, kleine Ulendo, ryker geword het nie. Toe ek sê die fotosessie begin om 05:45 het hulle opgewonde ingestem. Die vroeg opstaan en vêr ry was ongetwyfeld die moeite werd.